PRODUKTE

Klein Dipbak 900×900
Medium Dipbak 1400×1400
Lang Dipbak 2600×980

Hoe werk ‘n Oom Gielie Dip-Bak?

Die beste manier om ‘n dier te manipuleer is deur voer.

Oom Gielie Dip-Bak wend bosluisgif aan terwyl die dier rustig vreet.

Pannetjies met rollers in aan die kant van die Dipbak word gevul met gif. Wanneer die diere beweeg terwyl hulle vreet word die gif deur die rollers aangewend.

Super, eenvoudig en effektief.

Waarom Oom Gielie Dip-Bak en nie ander dip aanwenders nie?

Oom Gielie Dip-Bakke is hoogte verstelbaar en daarom kan spesifieke spesies gedip word. Sodoende word gif nie op jakkalse, vlakvarke ens. gemors nie. Die meeste wild insluitend buffels, renosters en kameelperde kan gedip word. Langer pote is beskikbaar spesifiek vir langer spesies.

Voer in die bak lok die dier. Die dier raak nie onrustig nie, en word ook nie deur ‘n drukgang geforseer nie.

Verskillende groottes dip-bakke is beskikbaar en indien genoeg bakke korrek geplaas word, kry al die diere van die dip op hulle, en word die dominante diere word nie oor-dip nie. Bakke kan as soutbakke gebruik word en dus is Oom Gielie Dip-Bak ook in die somer, wanneer voer volop is, effektief.

Oom Gielie Dip-Bak weeg min genoeg dat slegs twee persone nodig is vir installering en verskuiwing van ‘n groot dip-bak (1.4m x 1.4m) en slegs een persoon vir die klein dip-bak (900mm X 900 mm).

Die Oom Gielie Dip-Bakke word met industriële kwaliteit onderlaag en finale laag verf bedek, wat lewensduur verleng.

Ergonomiese ontwerp beperk verdamping van gif en elke pannetjie het ‘n aftappunt om vermorsing van gif te voorkom. Reëndeksels is op aanvraag beskikbaar.

Die dip-bakke is ook beskikbaar in vlekvryestaal en elektroplateerde sinkbedekking. Dit sal egter vooruit bestel moet word.

Binnekort beskikbaar: Kruipvoeding vir skeiding van groot en klein diere van dieselfde spesie tydens die dip-proses.