AGTERGROND

Moedeloos, raadop en bosluisvoos.

Dit was hoe Gielie Booysen van Vaalwater gevoel het toe hy nog ‘n dooie klein elandkalfie op sy Vaalwater plaas ontdek. Die bosluise het die ma se spene afgevreet!

‘n Boer maak ‘n plan. So het die eerste primitiewe voerbak met rollers wat dip aanwend die lig gesien en Oom Gielie se elandkudde en wildboerdery gered.

Met tegniese insette van Enduro Welding, en danksy Coena Smith met jare ondervinding in die wildsbedryf is ‘n Oom Gielie Dip-Bak kommersieël bekendgestel.

Huidiglik het ons reeds meer as 6 000 Oom Gielies verkoop en kan ons met trots daarop aanspraak maak dat ons vandag ‘n belangrike hulpmiddel vir die moderne wildsboer geword het. Dit is waarom vele veeartse Oom Gielie Dip-Bak as die mees effektiewe dipaanwender aanbeveel (Dr JW Eksteen, Kroonstad Diere Hospitaal).